Het jy gemerk?

900F4A08-F076-4EF1-AB5D-B0079A138B26-452-0000000B522E2894

Opgemerk. Fotografika:DWV

 

Het jy gemerk?

.

Dit is opmerklik

dat jy al ’n hele paar biblioteke

besoek het

en nog baie min

van die boeke gelees het,

dat eiergeel so warm sonnig lyk

maar sy goeie werk doen

in die donker,

dit is merkwaardig

dat al die praat

van al die mense

nie tsoenamis maak nie,

dat borrie so gesond is

en tog so min gebruik word,

dat honde meestal kry

wat hulle wil hê

en katte altyd,

dit is opmerklik

dat kransduiwe suksesvol

gesinne grootmaak

sonder opleiding,

dat die aarde ouer word

maar geen pensioen gaan kry nie,

dit is merkwaardig

hoe min jy weet van chiascuro,

die regte resep vir bloedwors,

die presiese beleid van jou politieke party,

jou geliefde se geheime vrese,

die beste manier om te stonk,

waarom jy nie in droë mielieblare

moet speel nie,

wat wringkrag vir jou motor doen,

hoekom jellie styf word,

en wat vanaand gaan gebeur.

.

Maar eintlik is dit goed:

as jy alles wil merk

in jou lewe

om dit beter te identifiseer,

gaan twee sekondes daarvan

jou ’n maand neem.

.

Dit is merkwaardig

dat jy reusespronge neem

deur alles wat gebeur

en feitlik niks opmerk nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s