Geel ure

F01BFDCB-B993-4F45-9686-525CB3F2F85B-78540-000009A278776DD9

Geel ure. Fotografika: DWV

Geel ure

.

Oral waar jy kyk

is die geel dag,

aanhoudend soos geelperskereën,

geel dag.

.

Vandag sal niks anders wees

as geel nie,

glad soos botter, ryk

soos biltongvet, geelvinkklinkend

sonder ophou,

geel dag,

byt van borrie, soetronde

appelkoos,

hol klok van soetrissie,

geel dag,

vreugdegeur van oopgesnyde

spanspek,

geel dag, word jy dan nou

stadig rooi

daar op die rante?

.

Is dit moontlik

dat jy kan verbygaan?

Jy gly, jy gly

die rooi in, donkerrooi,

donker, donker rooi,

die swart van rooi.

.

Ek onthou die geel,

die knettergeel,

ek onthou dit

hier in die diepe

donkerrooi.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s