Insig

Photo taken with Focos

Gesig. Fotografika: DWV

Insig

.

Haar gesig

word verken.

Die uitsig wat hy daarop het,

wissel tussen lig en skadu.

Maar die lyn van haar ken

tot dit oorgaan in haar nek

is so duidelik

soos ’n sjarmante horison.

Haar oë draai

en vir ’n oomblik

voel dit vir hom

asof hulle skyn

op hom.

Die gladde, klam ronde klippe

in die heen en weer streling

van die see

op die warm strand –

as hulle sag sou wees

soos appelkose,

sou hulle haar lippe wees.

Die Ponte Vecchio,

kunstige brug in Firenzi,

haar neus,

die brug tussen mond

en oë.

.

Hy reis deur die landskap

van haar gesig,

van uitsig tot uitsig,

en kom te wete

min, maar tog iets van insig.

Hy reis,

deur onbekende terrein,

die landskap wat voortdurend verander.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s