Een kuiken van die rooi hen

Rooi hen.jpg

Rooi hen. Fotografika: DWV

Een kuiken van die rooi hen

.

Sy het kuikens,

poeiergeel soos doringboombolletjies.

Hulle het karaktertjies.

Party is haantjies

en party is hennetjies.

.

Die rooi hen pik,

rondom huppel haar kuikens.

Sy pik raak,

’n pit hier, ’n saad daar.

.

Eenkant staan die haan,

bloedrooi kroon op sy kop.

Sy blink oog kyk skerp,

hy trap vorentoe

op harde voete,

sy spore blink in die son.

.

Een kuiken sien ’n wurmpie.

Pik.

Mis.

Pik weer. Bekvol wurm.

Sluk.

.

Hy het geleef,

dink die kuiken.

Nou is hy deel van my.

Hoekom skyn die son?

wonder die kuiken.

Ek is net so geel soos die ander,

dink die kuiken.

So geel soos die son.

Maar die son is dan wit of wat?

.

Die rooi hen

kyk na haar een geel kuiken

wat doodstil staan en dink.

Hierdie een is anders,

sê sy vir haarself.

Nóg haan, nóg hen –

’n pleksoeker op hierdie yslike werf.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s