Moederrooi

Tamatie Moederrooi

Moederrooi. Foto: DWV

Moederrooi

.

Dagbreek loop deur my are,

die leeutongrooi van yster

wat oorgee in vreugderoes.

Oor die dissipels se koppe

flikker vlamme soos kaggelkole.

Lang spore in die sand

van die bloedvergieter, Mars.

Deur ’n gleuf sien ek

in die bewende spektrum

net die skugter blos

op die voorkop van ’n meisie.

Die harstog van ’n ryp tamatie,

koorsige, moordende brand

van die rissie,

liefde en moord

loop vir mekaar en kyk.

Rooi lippe

plooi woorde,

party so verwondend soos heetyster,

ander so lief

soos vandag se nuwe liewe lig,

so moederrooi.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s