Droesem

5359DAE5-C626-49B2-A99C-BF41944D4218-2677-0000039DEEBF21CA copy

Droesem. Grafika: DWV

Droesem

.

Pas is die dag afgelewer.

Wat is daarin?

Ons kyk:

nuusberigte stoom uit die farinkse

van die media.

Menings, gevolgtrekkings, kommentare

word in koerantpapier vasgelê,

onmiddellik verouderd, vervagend, verdwynend.

.

Nuusplatforms oor die internet

stroom inligting uit, voordurend vernuwend,

onmiddellik verouderd, vervagend, verdwynend.

.

Ons loop deur alles

soos ’n boer in sonlig.

.

Wat is daar

in hierdie dag

wat ons sal onthou?

Wat kan ons van gister onthou?

Die dag voor gister?

.

Daar is boeke:

die moeisaam geplooide gedagtes

van digters.

Lê daar waarheid

en waarde

in die krulle van die letters

op die dofruikende blaaie

van ouerwordende boeke?

.

In gedigte wat ons ken

uit vroeër eeue,

vorige geslagte,

huidige skeppers

van woordmasjiene,

kry ons dalk iets –

’n man het ’n vrou nodig,

sy het hóm nodig.

Dalk is daar meer.

Hou aan soek.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s