Die vraag is: wat?

Die vraag is wat

Die vraag is: wat?. Foto: DWV

Die vraag is: wat?

.

In die sagte kurwe

van die baai

lê die see ligtelik aan

teen die land.

.

Die strand bestaan uit sand,

gebreekte skulpe, kelp,

stukkies plastiek, onvergane

bottels van plastiek.

.

Meeue skaats beledigend

oor die vormlose man

onder die kombers

op die promenade-bank.

Honde aan leibande

trek hulle bekskermlinge

haastig aan oor die wandelpad

met wilde, vreugdelike verwonderdheid.

.

Op die see lê die boot,

’n donker stippel

betrap deur die son se laser,

op pad

met ’n vrag mense,

almal met vrae bevrug.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s