Haarfyn uitgelê

A1775365-50A3-4621-962A-4492A155001A-50237-00000E7B48C66CEE

Haarfyn. Grafika: DWV

Haarfyn uitgelê

.

Daar loop ’n dun draad

wat tril

met die gedagtes

van die Griek in die forum

tussen sy studente.

.

Die draad hang oor die berge

se snykante, koudwit van sneeu,

vleg deur die wingerde

en suig die woorde in

van sterrekykers, beeldhouers

en skilders,

swel met die opwinding

van ontdekking en ontbloting

van die miniskule.

.

Die draad vertak en verfyn

tot haardraadjies,

’n kennisboom

ingegroei oor die hele aarde.

.

Hier waar ek sit

met ’n haartjie in my hand,

voel ek die polsing

van die aarde se dink,

die geheimsinnige, magtige motore

van die blou en bruin gevlekte ruimteskip.

.

En onder die reusedreuning,

fyner, hoër klanke

van onderdele in pyn,

slytend en skurend teen mekaar.

.

Olie,

salwende olie;

waar gaan ons olie kry

wat ons nie vergiftig nie?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s