Wandeling met ‘n walvis

Asemskep 02

Asemskep. Grafika: DWV

Wandeling met ‘n walvis

.

Ek het gaan wandel

saam met ’n walvis.

Hy in die see, natuurlik.

.

Ek op die strand.

Hoe anders?

.

Ek was nie bewus

van my asemhaling nie,

want ek het nie vinnig geloop nie.

.

Hy ook nie,

van syne nie,

maar hy het hom stadig

begin uitlig uit die ironiese donkerblou

na ligter lae van lakonie

tot eindelik in die helder koelte

van humor en heilige komedie –

en deurgebreek deur die dun film

van die oppervlak,

geblaas soos ’n gasfabriek

buite beheer

en met reuselonge

nuwe lug ingesuig.

.

Ek het gestaan en kyk

en skielik besef

dat ek ook lug intrek,

saggies,

en uitstoot,

eintlik onmerkbaar.

.

Die lug wat hy uitgeblaas het,

sopnat van die kondenserende stoom uit sy longe,

het stadig weggedryf

tussen die sonskyn en die branders,

landwaarts, uitrafelend.

.

Sou dit eintlik ’n groot woord wees

wat hy gevorm

en aan ons landasemhalers uitgestuur het?

.

My kort asem kan net kort woorde

in hulle arms hou,

nie so geweldig soos syne nie:

onderdieoppervlakliggendebetekenisvansielswoedevormendeliefdegeweld.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s