En as die jakkalsteef drooggesuig raak?
.
Sy lyk uitgeput –
die teef se ribbes wys.
Haar kleintjies suig haar leeg
en haar kanse
raak maar min
om iets geëet te kry.
.
Die kleintjies speel en rol
in die langgras
onder die son se warm stroming.
.
Hulle sal aanhou suig
tot daar niks meer oor is nie.
.
Die teef se ribbes wys.
Haar oë lyk groot
en klam.
.
Sy sal aanhou
tot die dood toe.