Hy kan tot by haar ry

e44a6f32e15cb53ee479b2697e759e2e_XL.jpg

Hy kan tot by haar ry

.

Net daar,

anderkant die bloekombome,

draai die pad.

Die meisie staan daar,

kyk uit

onder die skaduwee van haar hand.

Dan loop die pad reguit,

maar al hoe skuinser

na links,

tot hy moet draai;

hy kan nie anders nie,

waar die windpomp draai

langs die plaashuis

met ’n sifdeur

aan die agterkant.

.

Hy gaan met sy bakkie ry,

die jong boer

wie se vel gloei van die son.

.

Tussenin lê die pad.

Ongery.

Stil. Net die mielielande

ritsel langsaan.

.

Hy gaan met sy bakkie ry.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s