Skaduweë

FC3A0125-3559-40B6-BB1C-C306B82FF08F-1640-0000005C45A66ACA

Skaduwee. Fotografika: DWV

Skaduweë

.

In die nag

wanneer ek aan die slaap raak,

kry my skaduwee

uiteindelik sy kans.

.

Hy trek sy voete versigtig

uit die sokkies van my voete

en loop die gang af

op sy swart tone,

glip maklik onder die voordeur uit

en sprei sy arms

in die melk van die maanlig.

.

Hy is vry!

.

Hy flap oor die muur

van die woonkompleks

en loop geluidloos van slaapkamer

na slaapkamer.

Mense slaap, skepe sonder ligte,

bemannings onder in kajuite

besig met dinge

wat fisika met minagting bejeën.

.

Hy bekyk die mense se leë gesigte.

Nou is hulle onskuldige diere –

sondes, daardie harige tuie

wat hulleself geskep het,

lê leweloos langs die beddens.

.

Die lewe wat in werklikheid

’n sprokie is,

het die punt in die verhaal bereik

waat hy moet teruggaan,

en vinnig.

.

Ek is besig om wakker te word.

Vinnig oor die muur, onder die deur,

tot in die slaapkamer.

Dan steek hy weer sy voete

in die sokkies van my voete.

.

Ek is wakker.

Hoekom is my voete so koud?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s