Tranströmer gaan verder in

il_794xN.972966080_t5yn

Europese ratel

Längre in

.

På stora infarten till staden

då solen står lågt.

Tomas Tranströmer

.

Verder in

.

Op die hoofpad na die stad

wanneer die son laag sit.

Die verkeer hoop op, kruip.

Dit is ’n trae draak wat skitter.

Ek is een van die draakskubbe.

Plotseling is die rooi son

reg in die middel van die windskerm

en stroom in.

Ek is deursigtig

en skrif word sigbaar

binne my

woorde in onsigbare ink

wat opdoem

wanner die papier oor ’n vuur gehou word!

Ek weet ek moet ver weg gaan

dwarsdeur die stad en daarna

verder, tot dit tyd word om buitentoe

te gaan en lank in die bos rond te dwaal.

Die spoor van die ratel te volg.

Dit word donker, swak sig.

Daar, op die mos, lê klippe.

Een van die klippe is kosbaar.

Dit kan alles verander

dit kan die donker verlig.

Dit is ’n skakelaar vir die hele land.

Alles hang daarvan af.

Kyk daarna, raak daaraan …

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s