Taalvas Taalvos

AB542F79-A09A-4A81-A759-992DF74784AF-9936-000002D0FB73566D

Taalvos. Grafika: DWV

Taalvas Taalvos

.

Ek het baie in gemeen

met taalindoenas.

Ons het almal die reuse taak

om ons taal op die smal paadtjie

van korrektheid te hou.

Alles weerskante hierdie paaitjie

is duwweltjies – nuttelose onkryt.

.

Dit is soos ons regstelsel:

’n Daad is òf reg óf absoluut verkeerd.

Jy hoef nie te stry of dit reg is

om ’n vergadering af te las en of dit foutief

is nie,

en of iemand ’n ander iemand doodgeskiet het

in selfverdediging nie; of jy vir jou die reg voor jou hou

om jouself te verdedig of nie.

.

Waar is ons nou weer?

Ja die gemaledyde taalfoute

wat my so irriteer.

Kyk, as jy tweifel, kyk net

in jou Afrikaanse Spelreëls en Taalgenot.

Ek gebruik nog my 1983 uitgawe

want korrekte taal verander nooit nie.

Taalrelings is in klip gegiet

en jy kan hulle maar agtervolg.

.

Dus: wat ek sê is die volgende:

foute moet ons nie duld nie want:

allawêreld, ek voel nou skoon ingehibeur deur al die dubbelpunte:

Vraag is: kan ons nie foute verdra nie,

of kan foute ons nie verdra nie?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s