Wat sê die luiperd?

Luiperd

Wat sê die luiperd? Grafika: DWV

Wat sê die luiperd?

.

Langs hierdie woorde

loop ’n luiperd

sonder die nat geluide

van vokale en die takkieskraak

van konsonante.

.

Hierdie woorde spel dit duidelik uit:

my hand hou die pen

en uit die pen kom die tekens

van die woorde op papier.

.

En langsaan loop die luiperd.

.

Ek haal asem

en luister hoe my bloed loop

tot in die fynste deltas

en terug tot in die hart se marathon.

.

En langsaan loop die luiperd,

rooi vlek sy wit tande.

Wat het hy te sê?

.

Die luiperd het niks te sê nie,

hy ís net.

.

Ek sê julle:

sonwarmte, oggendlig stroom oor my,

ek voel dit, ek sien dit,

maar langsaan loop die luiperd

sonder lig en warmte,

die luiperd is pure dáár.

.

Niks kan die luiperd keer nie,

hy loop deur alles.

.

Ek sit net met woorde,

soos stringe krale dralend uit my vingers,

harde, ronde krale  ,

en jy kan hulle boodskappe lees,

duidelike, logiese, praktiese feite.

.

Maar langsaan loop die luiperd

en hy praat sonder woorde.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s