Elektroniese vere smelt af

SouthpawIcarus

Uit ‘n Southpaw Dance Company produksie

Elektroniese vere smelt af

.

Duikelend deur die lug

kyk hy na die Google Maps wêreld

onder hom.

.

Eilande lê lui en bak

in die driftige Mediterreense son,

omring deur seegroen en diepblou.

Plek-plek skuim wit strepies

teen stroke rotskus.

Hy sou graag vir Aphrodite

daar wou sien uitstap,

Ursula Andress in ’n skrapse swembroekie.

.

Die eilande word groter

en groter,

miskien moet hy weer hoër.

Hy probeer verstel, verstel;

die elektroniese stelsels weier botweg,

dwing ondertoe,

dwing.

.

daar is nou net een eiland onder in sig.

Hy kan bome sien.

’n Paar rooi dakke

van skaapwagtershuise.

.

Hy knyp sy vinger met geweld

teen sy duim

om alles weer kleiner te maak.

.

Die stelsels dwing,

Die legende

is onwrikbaar geprogrammeer.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s