Dood voer die lewe

393px-Black-faced_impala_(Aepyceros_melampus_petersi)_female_head_composite.jpg

 

Dood voer die lewe

.

Stil

lê die krokodil

in die groenbruin water.

Sy asem

skaars sterk genoeg

om ’n muggie se koers te verander.

.

Die donker splete van sy oë

ontvang alles wat rondom gebeur,

sy rye wit tande rus teen mekaar.

.

Die rooibok proe die lug

stappie vir stappie,

sien haarself

blink in die water.

Haar lippe raak aan die roerlose vlak,

haar tong krul in die koel skemerte.

.

Die knallende slag van die krokodilstert

skeur haar uit haar spore,

koue kake slaan die lemme van tande

in haar rillende lyf.

.

Wit skuim maal op die water,

’n streep rooi word ingesuig ondertoe.

Kabbeling tussen die riete

raak stadig

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s