Wat weef jy?

Wat weef jy

Lyn. Grafika: DWV

Wat weef jy?

.

Om ’n lyn te eien

tussen ander

verg ingestelde aandag

om die lyn se gang te sien

tussen ander:

dit is jy –

tussen al die ander

lyne

wat lê bymekaar,

kruis en oormekaar,

vleg, uitskiet, sonder sigbare einde

lyne

waarvan een joune is.

.

Eien dit,

volg dit noukeurig

in die massa verweefdheid,

volg daardie lyn

al in die gang van vreugde,

die tye van pyn.

Kyk presies hoe dit loop,

een van baie ander.

.

En dan: volg jou lyn

waar jy kan,

vleg die patroon

wat jy wil,

jou patroon –

tot uiteindelik

by jou rafel,

los ten einde

lig-glinsterend in die donker.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s