Aphrodite in Afrika

Himba-women-namibia-alegra-ally-12.jpg

Aphrodite in Afrika

.

Mens moet kyk

deur die opening

om die heilige wit kalbas te sien.

.

Daar staan hy

op die ouvrou

se gevlegte biesiemat,

rond soos ’n ooi se uier

met die bruin melk

van die muti in hom.

.

Daar staan die kalbas.

Die ouvrou het die swart ooi gemelk

en die wit ooi gemelk

vir die kalbas.

Sy het die kambro

se dik wortel se sap uitgedruk

vir die kalbas.

.

’n Week was sy in die veld

tussen die bossies.

Daar het sy geslaap

en bymekaargemaak:

takkies, blare, worteltjies, vruggies, torretjies

vir die kalbas.

Alles bymekaar

in die kalbas

geroer.

.

Daar sit sy

by die kalbas.

Sy roer nie.

Wit skuim draai om en om

in die kalbas.

Wat gaan gebeur

as sy daarvan drink?

.

Dwarsdeur die nag.

Ons hoor nie niks nie.

Dit is nie haar stem

wat ons nie hoor nie,

wie se stem?

.

Dagbreek.

Sy kom uit.

Die jong vrou is sonder klere,

nat en blink

in die oggend se son.

Sy vee die skuim af

van haar lyf.

 

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s