Te rug

6E8D88B3-9A6A-40E3-9751-41F18E35B704-8257-00000234976E2190.jpg

Te rug

.

Aan die rugkant

ontspan die bome,

laat hulle takke sak

en skud hulle blare

uit hulle stywe houdings.

.

Die hond gaan sit regop

en voel teen sy sy af

na die sigarette in sy kantsak.

.

Die sypaadjie waarop klaar geloop is

rol stadig op,

en daaronder lê die stofstreep

van die melkweg

en die spatsels verder buitentoe

van ander kosmosse.

.

Een huis bly doodstil staan

want jy het oor jou skouer gekyk

of dit nog daar is,

of dit waar is –

dit is.

.

Maar die horison

aan jou rugkant

het opgelos en ingevloei

in die dimensielose glasfles

van die verlede,

goed bewaar

vir hersamestelling

wanneer dit weer van vooraf

waargeneem gaan word.

.

Met elke tree

wat jy gee

val alles terug.

Alles vloei terug

onder die voete

van jou en jou metgesel.

.

Dalk sal dit troos

as julle mekaar se hande hou.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s