Neruda: Ode aan ‘n pragtige naakfiguur

Reclining Nude Amedeo Modigliani.jpg

Naakfiguur: Modigliani

Hierdie gedig is opgeneem in die bundel vertaalde gedigte “Vandag is boordensvol” wat in Junie 2019 gepubliseer word.

Oda a la Bella Desnuda

Con casto corazón, con ojos puros,
te celebro, belleza

Uit: NUEVAS ODAS ELEMENTALES (1956)

Ode aan ʼn pragtige naakfiguur

Met ʼn kuis hart, met suiwer oë,
vier ek jou skoonheid,
en hou die bloedlyn

sodat dit kan opwel
en jou buitelyne kan afteken,
jou kontoere,
sodat
jy in my ode lê
soos in ’n boswêreld, of in die branders: in geurige tuingrond
of in die musiek van die see.

Pragtige naakfiguur,
langs mekaar
is jou voetboë ingestreel
deur oeroue wind en klank,
jou ore
klein skulpies
van die manjifieke Amerikaanse see.

Langs mekaar jou borste,
albei volkome gevul, oorvloedig
met die lig van lewe.
langs mekaar,
jou vlieënde
ooglede van koringare
wat die twee diepsinnige lande van jou oë onthul
of verbloem.

Die lyn wat jou skouers verdeel het,
raak verlore en versmelt in die gladde helftes van
ʼn appel

en gaan aan om jou skoonheid
in twee kolomme te verdeel
van gepoleerde goud, fyn marmer,
of weg te sak in jou voete soos in twee druiwekorrels waar die dubbele boom van jou simmetrie

weer brand en opstyg,
blommende vuur, oop kandelaar,
regop geswolle vrug,oor die verbond van die see en die aarde.

Uit watter materiale,
agaat, kwarts, koring,
is jou liggaam saamgestel,
swellend soos brood
in die oond,
en wat is soos
versilwerde heuwels,
omvang van
ʼn enkele blomblaar, soetheid van diep fluweel,
tot net die kreun oorbly
van die pragtige fyn vroulike figuur?

Dit is nie net lig
wat op die wêreld uitgestort
in jou liggaam
sy gedempte sneeu uitsprei nie, maar die helderheid kom uit jou uit asof jy van binne verlig is.

Die maan lewe onder jou vel.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s