Neruda se ode aan klere

Oda al traje

Cada mañana esperas, traje, sobre una silla que te llene
mi vanidad, mi amor …

Pablo Neruda

Gestrykte klere. Fotografika: DWV

Ode aan klere

Elke oggend wag julle, klere, op ʼn stoel
vir my ydelheid, my liefde my hoop, my liggaam om julle te vul.

Skaars het ek
my droom afgeskud,
en totsiens gesê aan die water of ek trek julle moue aan,
my bene soek
die holtes van jul bene
en so omhels
deur jul onversetlike trou stap ek uit op die grasveld, ek gaan poësie binne.
Ek kyk deur vensters,
na dinge:
Mans, vroue,
gedoentes en worstelinge vorm my voortdurend,
gaan my teë
laat my hande werk,
maak my oë oop,
put my mond uit,
en eweneens,
klere,
vorm ek julle,

maak jul elmboë reguit, skeur die materiaal
en so vergroot julle lewe die beeld van my lewe. Julle wapper en tril

in die wind
asof julle my siel is.
Op slegte oomblikke
klou julle
aan my bene,
leeg, in die nag,
die donkerte, slaap
bevolk julle vlerke
en myne
met hul warbeelde.
Ek vra
of ʼn koeël
van die vyand
julle eendag sal vlek met my bloed en dan
sterf julle saam met my
of miskien
sal dit nie
so dramaties wees nie,
maar eenvoudig
en julle sal siek word,
stadig,
saam met my,
klere,
ouer word
saam met my, met my liggaam
en saam
sal ons die aarde
binnegaan.
Dit is waarom
ek julle
elke dag groet
met eerbied, en dan

omhels julle my en ek vergeet julle, want ons is een
en sal voortgaan
om saam die wind die hoof te bied snags,

die strate of die stryd,
een liggaam
miskien, miskien, eendag roerloos.

Hierdie gedig is opgeneem in die bundel “Vandag is boordensvol”. Dit is ‘n versameling gedigte van Pablo Neruda wat De Waal Venter uit Spaans vertaal het. Die bundel is beplan om in Junie 2019 te verskyn.

Neruda uitleg oranje.jpg

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s