Nag in Namibië

Die trop wei. Grafika: DWV

Nag in Namibië

.

Lank nadat die son

gaan lê het,

en die sterre

begin aangewei gekom het

agter die helder voorbok

van die aandster

oor die hoë ronde vlakte

van die aand,

het hulle die kers doodgeblaas

en die donker oor hulle koppe getrek.

.

Die slaapkamer was ’n stasie

en die een het opgeklim

om te reis na ’n boord van appelbome.

.

Die ander een

was op pad na die sneeubedekte dakke

van Swede;

die honde met hulle goue kunstande

moes hy gedurig wegjaag

om nie gebyt te word nie.

Toe die son weer wakker word

het die trop weggetrek

uit die yslikheid van die vlakte.

’n Tiptol het die nuus gebring

dat hy lewe

in ’n koloratuurstem.

.

In die slaapkamer

het die twee weer afgestap

uit hulle reise.

Hulle het gekyk

na die wekker op die rak

wat met ysterarms probeer het

om die loop van die tyd

ordelik en stiptelik te laat gebeur.

.

Buite het ’n hond geblaf.

’n Lam het ver geblêr.

.

Dit was die heel eerste keer

dat hulle hierdie dag beleef het.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s