Reisbeskrywing, 7 Mei 2019

De Waal Venter. Gebore 7 Mei 1942, Pretoria

Reisbeskrywing, 7 Mei 2019

.

Hierdie stasie,

soos al die ander,

is vir my onbekend.

Ons trek stadig in.

Staal kners remmend op staal.

.

Hier en daar kom daar ’n kreuntjie

en ’n kraakgeluidjie

uit die outydse lyf

van die wa.

Ons hou stil vir ’n rukkie.

.

Daar staan ’n man en praat op die perron.

Hy is taamlik lywig,

sy maag bult sy onderbaadjie uit.

Sy kaalkop blink in die middagson.

Hy praat met ’n jonger man in ’n bruin pak

wat stil staan en luister

met groot gesag.

Hy kyk vir ’n oomblik weg.

Die meisie wat verbystap

se rok is ’n geurige tuin.

In haar bruin oë

swem die lewens

van ’n klompie mense.

.

Agter hulle, op die stasiebank,

sit die ou vroutjie.

Sy sê niks, dink net.

.

Twee seuns staan stouterig rond

agter die mans.

Die een het iets in sy sak.

Die jonger een probeer dit vat,

maar sy broer druk hom maklik weg.

.

Die kondukteur se fluitjie –

’n basuingeskal tot die stryd.

.

Oupa, vader, moeder, ouma, broers.

.

Die wa ruk effens

soos iemand wat vroeg in die oggend wil opstaan.

Die reis gaan voort,

die einde onbekend.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s