Die druiwekorrel wat regtig bestaan

Die druiwekorrel wat regtig bestaan

Twee vlieë gryp hulleself

loodreg op in die lug

toe Zeno die tros druiwe optel.

Party van die mense moet in die venynige son staan

aangesien daar nie meer plek is

in die skaduwee van die olyfboom

in die agora nie.

Julle kan nie bewys

dat ek hier is nie,

sê Zeno en skiet ‘n druiwekorrel

verby sy glimlag; hy kou.

Julle sien my,

het aan my geraak, my gehoor,

my geruik.

Maar julle het my nie geproe nie

en sal ook nooit nie.

Om te bewys dat ek regtig hier is

moet julle al julle sintuie kan tevrede stel.

Mericritos van Thales kom vorentoe,

vat ‘n druiwekorrel en ruik daaraan,

dan tik hy dit teen sy hand

en luister na die sagte geluid;

hy hou dit in die lug vir almal om te sien,

dan steek hy dit in sy mond en kou.

Zeno, ek het jou verkeerd bewys,

deklameer hy. My sintuie vertel my

dat die druiwekorrel regtig bestaan!

Zeno kyk soekend rond,

lig sy wenkbroue

en vra onskuldig:

druiwekorrel? Watter druiwekorrel?

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s