Mense as élite wesens

Koffie. Foto: DWV

Mense as élite wesens

.

Nadat hy sy liggaam

aangetrek het in die oggend,

het die filosoof

sy ontbyt geëet.

.

Hy was ook ’n gholfspeler,

projekbestuurder, pa van twee tieners,

whisky-drinker, Rotariër, stemgeregtigde,

vuurwapenlisensiehouer, alumnus van ’n universiteit,

bewonderaar van mooi meisies, amateur voëlkenner,

groentekweker op miniskule skaal, verbruiker

van sosiale media en teiken van adverteerders,

onder meer.

.

Gedurende ontbyt

het hy sy gedagtes

onder beheer probeer hou,

want hy wou nie dat party van hulle

sy liggaam bevlek nie;

dit het al gebeur,

stigmata het al elders voorgekom.

.

Hy het dus sy gedagtes beteuel

met die onsigbare stang

van werksgewoonte.

.

Wanneer sy gedagtes dwing 

in die rigting van die heilige Louis IX,

het hy hulle in die bek geruk,

terug na die lastige indringerigheid

van epigenetiese invloede op mens se lewe,

en van daar

na die probleem in sy jongste projek

wat opgelos moet word,

en indien nie, omseil moet word.

.

Toe hy hom weer kom kry,

vind hy dat sy loef afgesteek is

en dat hy windstil, gedagteloos

sit en staar

na die borreltjies op sy swart koffie.

.

Hulle het kort lewens gehad

en roekeloos teen mekaar gebots,

sonder inagneming van die gevaar

vir hulleself en ander.

.

Die filosoof kon nie anders

as om hulle jammer te kry nie

en het met ’n soort

droefheid-getemperde vreugde besef:

ons is nie almal so nie.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s