Skaal van belangrikheid

Skaal van belangrikheid. Grafika: DWV

Skaal van belangrikheid

.

Vroeër vanoggend

het die lewe oopgeplooi,

kelkblare wat wegvou

van die vrugbeginsel,

oop vir die son.

.

Die planeet Mars

het geruisloos gedraai,

sonlig oor sy ronde lyf

laat spoel.

.

Ongesien in die donker

het selle meioties van mekaar geskei;

een van hulle gaan ’n mens help maak.

.

Onsigbaar walm

die wasems van gedagtes

uit die stede,

streep langs paaie

en lugroetes langs.

.

Vroeër vanoggend

het dit alles gebeur,

en dit is nog aan die gang.

Gebeure drom saam

voor die toe deure

van die komende sekondes,

vol verwagting.

.

Hierdie punt van bewussyn

is óf roerloos

in die stroming van die tyd,

óf skiet onophoudelik voort

deur die stil net

van ruimte en tyd.

.

Maar wat nóú

werklik saakmaak,

is ontbyt.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s