Vlietende psige

Photo taken with Focos

Portret. Fotografika: DWV

Vlietende psige

.

Gesigte is vir die portretmaker

die belangrikste

uiting van die psige.

Hy voel dat die liggaam

ook baie vertel

van die essensiële mens,

veral die hande

wat in gesprek

so ’n groot rol speel

om subtiliteite

’n bietjie beter in te kleur

en die buitelyne daarvan

duideliker te laat uitstaan.

Voete kan ook baie sê,

voel die portretmaker.

Die manier hoe hulle vastrap,

die vorms waarin hulle ingepers is

deur jare se dra

aan die swaarder-wordende romp.

.

Maar die portretmaker

is skugter om sy eie portret te maak.

Sy priemende oog

sien homself in pynlik skerp lig.

Hy onthou die gladde wange

van jeugtyd.

Nou sien hy die dongas

van die jare se onkeerbare verspoeling.

.

Die portretmaker wou, desperaat,

sy portret weer jeugdig maak,

en toe dit klaar was,

het hy teruggedeins in angs;

dit was ’n doodsmasker.

Advertisements

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s