Blouerige maan

4fae21_456a8eff0b1b4fa583cbba38dad65b52-mv2.jpg

Blouerige maan

.

Ek het ’n sein van die maan af opgemerk.

.

Dit was in die vorm

van verskeie flitse wit lig,

gevolg deur ’n blouerige een.

.

Wat beteken dit?

.

Ek probeer dit verstaan.

Drie flitse wit

en een blou.

.

Dit beteken  dalk, dink ek,

dat die wit flitse

bedoel is om mens se aandag

te vestig

op die blou een,

wat die betekenisvolle flits is.

.

Die flitse kon gestuur gewees het

deur intelligente wesens,

of kunsmatige intelligensie.

.

Dit sal betekenisvol wees

as die flitste herhaal word;

’n eksperiment wat herhaal kan word

deur onafhanklike wetenskaplikes

word meer geloofwaardig.

.

Vanaand gaan ek die maan weer dophou,

en as ek weer flitse sien,

kan dit my help om te ontsyfer

wat dit beteken.

.

As ek vir Derrida

kon kry om langs my te sit,

albei van ons proe-proe aan ’n glasie konjak,

sou dit geweldig gehelp het,

en ek moet sê,

sy hulp sou oneindig

betekenisvol gewees het.

.

Maar, Derrida het natuurlik die tydelike

met die ewige verwissel en kommunikeer glad nie meer nie.

Ek sal maar daarin moet berus,

dit is ’n teken van die tye.

About kruger01

Poet, author, translator Grandfather of five. Bonsai grower.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s